AJ se ontbeende Lamsboud

Jun 2, 2022 | Recipes

Plaas ontbeende lamsboud in ‘n bak.

 

Gooi olyfolie op albei kante van die boud.

Geur nou met swart peper, koljander en sout aan beide kante van die boud en smeer dit saam met die olyfolie lekker in die vleis in.

 

Kook intussen op die stoof die volgende saam tot uie gaar is:

Halwe ui fyn gekap

15 ml fyngekapte songedroogte tamaties

80 ml Appelasyn

10 ml fyn knoffel

375 ml Braai marinade

 

Smeer ‘n dun lagie van die mengsel oor die vleiskant van die boud voor jy dit op die kole sit.

Nie te veel nie anders brand dit.

Braai die boud tot gaar maar nog pienk in die middel.

 

Smeer die warm sous oor die boud sodra afgehaal is van die kole.

Laat rus die vleis vir 10 minute voor opdiening.

 

Skep op en geniet!

To order your Hanskraal chicken, view our pricelist here and we’ll deliver our meat products to you.