HEERLIKE HOENDERPOT

Apr 1, 2022 | Recipes

Ingredients

 4 hoenderdye

6 hoenderboudjies

1 blik pynappelstukke

3 medium uie, gekap

3 knoffelhuisies, fyngekap

1 pakkie sampioene

1 blik Idealmelk

1 pakkie hoenderroomsop

1 pakkie beesstert sop

Geel, rooi en groen soetrissie

Peper en roosmaryn na smaak

Enige vars groente

Goeie opsies van vars groente vir hierdie pot is botterskorsie, sampioene en murgpampoentjies.

Method

Braai uie en knoffel in olie tot glasig. 

Voeg hoenderstukke by en braai tot mooi bruin.

Voeg die groente en pynappelstukke by en kook vir 30 minute.

Meng die pynappelsap met die 2 pakkies uiesop en Idealmelk en giet oor hoender.

Kook tot al die geure heerlik gemeng is en bedien met rys of koeskoes.

To order your Hanskraal chicken, view our pricelist here and we’ll deliver our meat products to you.