KERRIE SKENKELPOT

Apr 1, 2022 | Recipes

Ingredients

2 uie gekap

3 knoffelhuisies, fyn gekap

1 takkie roosmaryn, fyn gekap

2 kg lams bladksenkels

1 groot aartappel, geskil en opgekap

4 wortels, geskil en in porsies geny

10 baba aartappels

1 pak sampioene

5 baba murgpampoentjie in porsies gesny

 

Speserye:

Sout en peper na smaak

10 ml matige kerriepoeier

5 ml borrie

5 ml kaneel

5 ml komyn

25 ml asyn

100 ml bladjang

100 ml appelkooskonfyt

Method

Braai uie, knoffel en roosmaryn in olie tot uie glasig is.  Skep uit.

Braai skenkels in olie tot bruin.

Voeg die gekapte aartappel by en kook op stadige hitte vir 1  uur.

Indien vog nodig is kan rooibostee bygevoeg word.

Voeg baba aartappels en wortels by en kook tot gaar.

Meng die speserye, bladjang en appelkooskonfyt en voeg by die pot.

Gooi ook die uiemengsel by.

Voeg sampioene en murgpampoentjies by en kook 10 minute tot alles sag en deurgekook is.

To order your Hanskraal chicken, view our pricelist here and we’ll deliver our meat products to you.