‘n Hanskraal bederfboks – perfek vir ‘n Herfsbraai

Feb 24, 2021 | Recipes

‘n Staptog saam met familie in die natuur, vriende wat na ‘n lekker dag op die gholfbaan saamkuier, of ‘n groep tieners wat honger is na ‘n lang dag by die see – hier by Hanskraal het ons ‘n bederfboks idee wat PERFEK vir enige Herfsbraai sal wees.

Hoe het hierdie bederfboks idee ontstaan?

Vriende het vir AJ onlangs gevra om hulle meer te leer oor die verskeidenheid vleis produkte wat beskikbaar is by Hanskraal. Om hulle te bederf, het AJ toe die lekker idee gekry om hulle aan ‘n wyer seleksie bloot te stel. In plaas van te veel vleis braai vir ‘n meer formele aansitete, het hy vir sy gaste kleiner porsies van ‘n wye seleksie vleis bedien.

Ons stel nou graag ons bederfboks bekend aan jou

Steek die vuur aan, ontspan buite in die laat Herfsaande en wys vir jou gaste hoe lekker verskillende goeie kwaliteit vleise van die plaas af is.

‘n Voorbeeld van so ‘n kombinasie is:

  • Peri-peri of songedroogde tamatie hoender sosaties
  • Lam sosaties
  • Rûens wors
  • Kaas wors
  • 4cm dik gesnyde ‘loin’ tjops
  • ‘Rump’ sosaties

Maak die braai verder interessant met:

  • ‘n Vars slaai, ‘sweetcorn’ gereg of pampoentert.
  • Braai-broodjies is altyd ‘n wenner. Goeie kwaliteit brood met tamaties, uie, botter, kaas en die geheime (seker al bekende) “twist” – blatjang.
  • Vir die lekkerste, geurigste tjops, gebruik AJ net vars suurlemoensap, sout en peper.

Deesdae is saam wees ‘n luukse. Geniet elke oomblik saam met jou hartsmense en lekker braai! 

Hier is ons produkte om jou eie Hanskraal bederfboks saam te stel: